Burkina Faso se polisiehoof afgedank
2011-05-06 08:49
Ouagadougou - Blaise Compaore, die president van Burkina Faso, het sy polisiehoof afgedank nadat polisie van oor die land heen in opstand gekom het, luidens ‘n bevel van die kabinet wat Donderdag uitgereik is.
Rasmane Ouangraoua, die voormalige polisiehoof, sal deur Paul Sondo, die vorige polisiekommissaris in Ouagadougou en die hoof- uitvoerende beampte van die Nasionale Polisieakademie, vervang word.
Op 28 April, nadat soldate in die weermag in opstand gekom het, het lede van die nasionale polisiemag in die strate begin betoog en met hulle gewere in die lig in geskiet.
Gewelddadige botsings tussen studente en polisie het gevolg nadat ‘n elfjarige seun deur ‘n dwaalkoeël van die polisie doodgeskiet is en betogers ‘n polisiestasie aan die brand gesteek het.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP