Burkina Faso arresteer 93 soldate na muitery
2011-06-07 13:48
Ouagadougou - Burkina Faso se weermag het 93 soldate wat glo in ‘n muitery betrokke is, in hegtenis geneem nadat die soldate verlede week verwoesting in die ekonomiese hoofstad gesaai het, het ‘n offisier gesê.
Ses soldate en ‘n 14-jarige meisie is Vrydag in Bobo Dioulasso dood toe die weermag ‘n einde wou bring aan die geplunder van soldate wat hoër lone eis.
“Ons het 93 van die soldate in aanhouding,” het die offisier gesê. Dit is ‘n hoër getal as die 57 arrestasies wat Vrydag bekend gemaak is.
Van die soldate het hulself Maandag oorgegee maar daar was ander wat weggehardloop het.
“Ons is opsoek na hulle en met die hulp van die bevolking sal ons hulle vang.”
“Daar word elke dag nog soldate in hegtenis geneem. Ons het wapens en items wat gesteel is gevind. Ons sal aanhou met die werk totdat dit klaar gedoen is,” het hy gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP