Burgers stroom Sirte uit vrees vir Navo-lugaanvalle
2011-10-04 23:20
Tripoli – Burgers wat uit Sirte stroom, sê hulle het
besluit om te vlug, aangesien die stryd om heerskappy in Gaddafi se tuisdorp te erg raak.
Hulle het hul vrees vir die nuwe regime oorkom
en die beleërde stad verlaat.
Families het al hul besittings ingepak en wag in oorlaaide motors by kontrolepunte op die hoofweg uit Sirte uit.
NTC-amptenare by dié kontrolepunte hanteer vlugtelinge met agterdog, aangesien hulle uit ‘n stad kom waar die meeste
inwoners lojaal teenoor Gaddafi is.
Farak Mussa, ‘n inwoner van Sirte, sê hy was
bang om uit sy huis te gaan, aangesien Gadaffi-lojaliste gesê het dat die NTC sy keel gaan
afsny as hulle hom in die hande kry.
Die bomaanvalle in Sirte het egter net té erg
geraak en hy het besluit hy sal sy kanse waag en die NTC-amptenare aandurf.
“Hoekom word ons deur NAVO gebombardeer?” wou
hy weet.
Die alliansie het ontken dat hulle Maandag
enige lugaanvalle op Sirte uitgevoer het, maar dat hulle wel die vorige dag teikens in Sirte gebombardeer het.
Volg Nuus24 op Twitter.