Burgermag-hoof in Suid-Soedan gee oor
2011-04-25 16:49
Juba - ‘n Top burgermag-hoof het oorgegee in suid-Soedan nadat meer as 160 mense dood is in gevegte, het die weermag Maandag gesê.
Die sterftes in die afgelope week het gebeur tydens gevegte tussen die suide se weermag en twee aparte burgermagte. Dit het die dodetal tot byna 1 000 gestoot sedert Januarie en het president Salva Kiir aangemoedig om weer vir versoening te vra.
“Gabriel Tang en sowat 1 300 van sy manne het Sondag op ‘n vredevolle wyse oorgegee,” het Malaak Ayuen, woordvoerder vir die suide se Soedanse bevrydingsleër (SPLA), gesê.
“Hulle is ook op ‘n vriendelike wyse ontvang en word met respek behandel.”
Daar is Saterdag 57 gewapende mans, wat deur Tang gelei is, in die noordelike Jonglei-staat dood tydens ‘n skietgeveg met SPLA-troepe voordat hulle na die omliggende bosse gevlug het, het Ayuen gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP