Burgerlikes ly onder Darfoer-lugaanvalle
2011-07-28 12:16
Kartoem – Lugaanvalle in Darfoer, Soedan, het minstens een burgerlike gedood, het Unamid, die gesamentlike mag van die Afrika-unie en die Verenigde Nasies, gesê.
Unamid het ‘n patrollie gestuur om ondersoek oor die lugaanvalle in Abu Hamara, in die suide van Darfoer, in te stel.
Die patrollie het bevestig dat ten minste een burgerlike dood is en dat twee mense tydens die aanvalle beseer is.
Die aanvalle het sowat twee weke gelede plaasgevind.
‘n Woordvoerder vir Unamid wou nie bekendmaak wie die aanvalle geloods het nie. Daar word egter wyd gespekuleer dat die Soedannese weermag daarvoor verantwoordelik is.
Die weermag was nie beskikbaar vir kommentaar nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP