Brittanje vind Libiese valuta op skip
2011-03-04 23:00
Kaapstad – Brittanje het beslag gelê op Libiese valuta ter waarde van
meer as een komma een miljard rand, berig RSG.
Dié geld was aan boord van 'n skip wat
geanker was by 'n hawe in die noordooste van Londen.
Die vaartuig is onderskep
nadat dit na Britse water teruggekeer het omdat dit nie in Tripoli kon anker
nie.
Die geld is na 'n veilige plek geneem.
Die kantoor van binnelandse sake sê
sover vasgestel kan word bestaan die vrag uit 'n aansienlike hoeveelheid
Libiese geld wat onderworpe is aan VN sanksies.
Die Britse bates van die
Libiese leier, Muammar Gaddafi, is verlede naweek in opdrag van die Britse
minister van Finansies, George Osborne, gevries.
Volg Nuus24 op Twitter.