Brittanje en Nigerië takel terrorisme saam
2011-07-20 11:09
Lagos – David Cameron, die Britse premier, en Goodluck Jonathan, die president van Nigerië, het Dinsdag ingestem om saam te werk in die stryd teen terrorisme nadat Nigerië onlangs deur ‘n vlaag bomaanvalle getref is.
Die twee leiers het die plan bekend gemaak nadat hulle in Lagos in Nigerië vergader het.
Die ontmoeting was deel van Cameron se dag lange besoek aan Nigerië.
“Brittanje en Nigerië sal hulle pogings versterk om saam te werk in die stryd teen die bedreiging van terrorisme,” het ‘n verklaring gelui.
“Brittanje sal hulp en kennis verleen om te help met die versterking en hervorming van Nigerië se veiligheidstoestelle en -strukture.”
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP