Brandstoftekort het Tripoli in wurggreep

2011-07-14 08:18
Tweets Share Share line Print

Tripoli – Die inwoners van Tripoli, Libië se hoofstad, is in ’n desperate wurggreep weens tekorte aan brandstof, elektrisiteit en kos.

Terwyl “afvaardigings” van Muammar Gaddafi wêreldwyd by regerings gaan aanklop om oor Gaddafi en die land se toekoms te onderhandel, kan geeneen van hulle blykbaar die versekering gee dat hy van sy mag sal afstand doen nie.

Ingeligtes in Tripoli het Woensdag aan Beeld gesê motors staan oral langs die strate verlate en sonder brandstof. Diesel is nog beskikbaar, maar nou ry mense met kanne diesel na die Tunisiese grens, waar hulle dit vir petrol gaan ruil.

Gas vir die reuse-turbines wat die stad van elektrisiteit voorsien, is vinnig besig om op te raak en daar is geen aanduidings dat nuwe voorrade op pad is nie. Sanksies verbied enige land om met Libië handel te dryf.

“Met ’n klassieke knyptangbeweging het die rebelle nou die toevoerroetes na die hoofstad afgesluit. Gaddafi se troepe en ondersteuners op die platteland kan nie naby die stad uitkom nie en niemand in die stad kan op die platteland uitkom nie.

“Die rebelle het die brandstofpypleiding na die stad afgesny en na die ooste van die land herlei.

“’n Mens hoor ook al hoe meer van misdaadvoorvalle waar mense deels uit desperaatheid begin steel en voertuie kaap. Wapens is vryelik in omloop, want Gaddafi het gedink deur wapens uit te deel, gaan die mense hom verdedig.”

Volgens Beeld se bron is kosvoorrade en vars water die volgende wat opdroog.

Alain Juppe, die Franse minister van buitelandse sake, het volgens Sapa-AP gesê Libiese afvaardigings wat met Frankryk, die VSA, Turkye, Rusland en verskeie ander lande se regerings gaan onderhandel, het nie een ’n mandaat om die versekering te gee dat Gaddafi wel van sy mag sal afstand doen nie. Hulle beweer net hy sal.

Gaddafi het reeds aangedui dat hy buite die vredesonderhandelingsproses sal staan, maar nie dat hy sy mag sal prysgee nie. Die rebelle stel dít egter as voorwaarde.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarel sê... Pritt moenie vergeet ons land voer daai petrol na hulle toe uit vir n appel en n ui en hy die diktator verkoop dit weer vir dubbel die prys. Dis petrol wat kastig hulle land moet help uit hulle swaarkry uit en wat maak hy gebruik dit vir eie gewin. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Systems Developer- Ruby Rails

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R400000

PA/ Office Co coordinator

Johannesburg, South Africa
Hewitt Colenbrander Recruitment
R12000 - R18000

IT Operational Manager

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R480000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320i EXCLUSIVE (E90)
2010
R 249,900.00

OPEL

Corsa 1.4 Utility MY04
2005
R 64,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4 Citi Rhythm 5-dr
2007
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.