Botswana-dorp al 2 maande sonder water

2011-10-18 09:18
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Vloedwater en die plaaslike regering in Maun, Botswana, se besluitloosheid oor hoe om ’n beskadigde waterpypleiding te herstel, laat dié snels groeiende dorp in Botswana nou al die afgelope twee maande sonder huishoudelike water.

Volgens Norman Chandler, ’n Suid-Afrikaner wat reeds etlike jare deel is van die sowat 200 Suid-Afrikaanse families in die gemeenskap, sê die watertekort is besig om die dorp tot stilstand te bring.

Dit het nie net ’n uitwerking op die sakekant van bedrywighede nie, maar ook op toerisme, wat een van die belangrikste bronne van inkomste vir die inwoners is.

Die probleem het twee maande gelede ontstaan toe vloedwater uit die Thamalakane-rivier ’n verstopping in ’n waterpypleiding tussen Maun en Toteng, 80km verder, veroorsaak het.

Die plaaslike departement vir paaie en water-aangeleenthede het die verstopping oopgemaak, waarna die krag van die water die pype en die pad oor die pypleiding aan stukke geruk het.

Dit het voetgangers en verkeer in albei rigtings drie dae lank ontwrig. Bootjies is gebruik om toeriste oor die water na Maun te vervoer, terwyl toerbusse en motors aan die ander kant gestrand was.

Die plaaslike amptenary het die “oorstroming” probeer oplos deur honderde tonne sand aan te ry om die pad te herstel, maar moes die hulp van ’n private kontrakteur inroep om te gaan help.

Die plaaslike regering en die kontrakteur sal ook saamspan om die bogrondse pypleiding te herstel sodat die watertoevoer aan die 55 000 gesinne in die dorp hervat kan word.

Die inwoners in informele nedersettings is noodgedwonge aangewese om die modderwater uit die rivier te gebruik, terwyl inwoners met boorgate teen ’n prys water aan die res van die dorp verskaf.

Die Botswana-regering het volgens Chandler reeds die situasie as ’n “verleentheid” bestempel, veral in die lig van die massiewe silwer- en kopermyn wat van volgende jaar af in die omgewing oopmaak. Dít is veronderstel om groot voorspoed vir die gemeenskap te bring.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Volksblad

Lees meer oor: botswana  |  toerisme  |  vloedwater

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarel sê... Pritt moenie vergeet ons land voer daai petrol na hulle toe uit vir n appel en n ui en hy die diktator verkoop dit weer vir dubbel die prys. Dis petrol wat kastig hulle land moet help uit hulle swaarkry uit en wat maak hy gebruik dit vir eie gewin. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BA

Tshwane (Pretoria)
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R420000

Oracle Applications DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R540000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R180000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320i EXCLUSIVE (E90)
2010
R 249,900.00

OPEL

Corsa 1.4 Utility MY04
2005
R 64,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4 Citi Rhythm 5-dr
2007
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.