Bomontploffing ruk VN-gebou in Nigerië
2011-08-26 13:16
Abuja – 'n Bomontploffing het die Verenigde Nasies se kantore Vrydag in Abuja, Nigerië, geruk het The Street Journal berig.
"Ek kan bevestig dat daar 'n ontploffing in die VN-gebou was," het 'n polisiewoordvoerder aan Reuters gesê.
"Polisiebeamptes is ontplooi. Al die mense wat in die kelder van die gebou was, is dood. Lyke lê oral. Ek het self vyf liggame gesien," het Ocilaje Michael, 'n VN-beampte, by gesê.
Reddingswerkers en veiligheidsbeamptes het dadelik die gebou begin ontruim. Sowat 300 VN-personeellede was glo vasgekeer.
Dit is nog nie duidelik wie vir die ontploffing verantwoordelik is nie, maar Boko Haram, ‘n Islamitiese sekte, het onlangs verantwoordelikheid aanvaar vir talle ontploffings in Nigerië.
Vermeende lede van die sekte het Donderdag polisiestasies in die Adamawa- en Borno-state aangeval en banke in die streke beroof.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters