Bomme sal aanhou neerreën in Libië, sê Amerika
2011-10-05 10:55
Kaïro – Die Navo-veldtog in Libië sal voortduur so lank as wat botsings tussen rebelle en die lojaliste van Muammar Gaddafi, die ontsetelde Libiese leier, voortduur, het Leon Panetta, die Amerikaanse minister van verdediging, Dinsdag gesê.
“Ek dink die aanvalle moet stop,” het hy gesê toe hy gevra is hoe lank die Navo-veldtog nog sal voortduur.
Hy het egter beklemtoon dat lugaanvalle deur Navo aanvalle vir eers sal voortduur omdat “die swaar botsings wat tans in Libië plaasvind, nie so kan aanhou nie.”
Navo-aanvalle het in Maart begin toe magte van Gaddafi nog die oorhand gehad het.
Die Nasionale Oorgangsraad het Tripoli, die hoofstad, in Augustus oorgeneem.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP