Bomaanval in Somalië dood 18
2009-12-03 14:11
Mogadisjoe, Somalië – Agttien mense is dood toe 'n bom tydens 'n gradeplegtigheid in Mogadisjoe, Somalië, ontplof het.
Volgens die plaaslike polisie is drie kabinetsministers ook tydens die aanval oorlede.
Kol. Abdilahi Hassan Barise het bevestig die ministers van onderwys, hoër onderwys en die minister van gesondheid is in die ontploffing dood.
Beamptes was by 'n gradeplegtigheid vir mediese, rekenaarwetenskap- en ingenieurswesestudente in 'n hotel in die hoofstad toe die voorval plaasgevind het.
Afrika-unie troepe wat Somalië beskerm, word op 'n daaglikse basis deur Islamitiese terroriste aangeval.
Rebelle beheer 'n groot deel van die sentrale en suidelike dele van die land.
Somalië het twee maande laas 'n stabiele regering gehad.
- Sapa-AP