Boko Haram ontken gerugte oor vredesgesprekke
2012-10-02 18:11
Kano – Die leier van die Boko Haram-rebellegroep het ‘n verklaring deur die regering ontken wat beweer dat die groep reg is vir vredesgesprekke.
Die verklaring het ook beweer dat die woordvoerder van die groep, Abu Qaqa, deur die regering gevangene geneem is.
Goodluck Jonathan, president van Nigerië, beweer dat sy amptenare in vredesgesprekke is met Boko Haram.
Abubakar Shekau, die groep se leier, het egter in ‘n video wat Sondag op YouTube gelaai is, gesê dat geen sulke praatjies plaasvind nie.
“Laat dit duidelik wees dat ons nog nooit met die regering vergader het vir onderhandelinge nie, hulle sal nie vrede ken solank as wat hulle ons lede aanval nie.”
“Abu Qaqa, ons woordvoerder, lewe nog by die sekuriteitsamptenare, maar ek glo vas dat hulle hom vanaand sal vermoor,” het Shekau gesê.
Aanvalle deur die groep het sedert 2010 al sowat 1 400 lewens geëis.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters