Boko Haram aanvaar verantwoordelikheid vir bomaanval in Abuja
2011-08-26 19:07
Abuja – ‘n Woordvoerder van ’n radikale Islamitiese
sekte, die Boko Haram, het verantwoordelikheid vir die bomaanval by die
VN-kantore in Nigerië aanvaar.
Die dodetal ná die selfmoordbomaanval staan
tans op 18.
'n Woordvoerder vir die Boko Haram het die
aankondiging op 'n BBC-kanaal uitgesaai.
Dieselfde sekte het in Junie verlede jaar
verantwoordelikheid aanvaar vir ‘n bomaanval by die federale polisie se
hoofkantoor in Nigerië wat twee mense se lewens geëis het.
‘Boko Haram’ beteken “Westerse opvoeding is
ontheiliging”.
Volg Nuus24 op Twitter.