Boko Haram: 'Ons sal aanhou veg'
2012-04-12 22:00
Kano – Die vermeende leier van die Nigeriese Islamitiese rebellegroep Boko Haram het in ‘n video-boodskap aan pres. Goodluck Jonathan, wat Donderdag op YouTube geplaas is, onderneem om voort te gaan met aanvalle.
Nietemin is geen spesifieke dreigemente gemaak in die 14-minuut video nie, anders as ander video’s van Abubakar Shekau, die vermeende leier van die hooftak van die groep.
Boko Haram is verantwoordelik vir aanvalle wat die lewens van groot hoeveelhede manse in die land geëis het.
Die egtheid van die video kon nie bevestig word nie, maar die spreker, wat tussen vier mans met AK-47 gewere en serpe oor hul gesigte sit, is soortgelyk aan dié persoon wat in ander video’s was en sy stem is ook soortgelyk.
Die spreker het verwys na onlangse kommentaar wat deur Jonathan gemaak is. Die president het onderneem dat dreigemente van aanvalle teen die middel van die jaar onder beheer gebring sal word.
“Ons het aankondigings van... Jonathan gehoor wat sê hy gaan ons binne drie maande stopsit,” het die man in die Hausa-taal, wat in die noorde van Nigerië gepraat word, gesê.
“Slegs die persoon wat rebelleer teen sy skepper sal so (‘n ding) sê, want niemand verpletter ons nie, behalwe Allah... ons is heeltemal seker. Ons glo jy kan niks doen aan ons nie. Ons doel is om doodgemaak te word op die pad van Allah.”
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP