Boer, vrou uit huis in Zim gesit

2011-08-15 08:13
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – “Dit mag dalk die laaste brief wees as hulle ons afsny. Bid asseblief.”

Só het Alida du Toit, ’n boervrou van die Nyazura-omgewing in die ooste van Zimbabwe, haar laaste e-pos aan familie en lede van haar gebedskring afgesluit voordat ondersteuners van kommodoor Innocent Chiganze van die Zimbabwiese lugmag onder meer hul rekenaars gesteel het.

Dit was deel van ’n poging om Du Toit (63), haar man, Dolf (67), en stiefseun, Rudolph (38), uit hul huis op die plaas Excelsior te sit. Hulle was sedert Vrydag 08:00 in die huis vasgekeer.

Hulle is Saterdagaand deur Zimbabwiese polisie van hul plaas begelei en was na die kliniek in Mutare op pad.

“Die polisie het hulle kans gegee om hul goedjies te pak,” het Du Toit se dogter, Marie Fernandes van Pretoria-Noord, gesê.

“Dit was vreedsaam.

“Hulle is baie deurmekaar, maar hulle is veilig.”

Volgens Fernandes was daar by tye tot 80 mense om die huis wat vir hulle geskree het om uit te kom. Hulle het klippe na die huis gegooi en sommige mense was met ysterstawe gewapen.

“My ma het gebel en gesê ons moet bid, hulle het vensters gebreek en klippe gegooi.

“My ma-hulle het in die gang weggekruip.

“Dit het gebeur terwyl ek met haar gepraat het. Ek kon hoor hoe hulle gegooi word.”

Volgens Fernandes was party van die klippe so groot dat haar ma nie haar hande daarom kon sit nie. Dolf du Toit is met ’n klip teen sy kop getref.

Vrydagoggend het die groep probeer om ’n veiligheidshek met ’n trekker af te breek. Toe hulle nie daarin kon slaag nie, het hulle een van die vensters van die kantoor gebreek en die gesin se rekenaars gesteel. Volgens Fernandes het hulle ook op vragmotors gekom en begin om masjinerie weg te ry.

Die Du Toits het aangehou bid en saam Nagmaal gebruik.

Vrydagaand het van die mense deur die dak van die huis by die linnekamer ingekom en alles daarbinne uitgedra.

Teen Saterdagoggend het die ongeduldige indringers probeer om die deure met ysters af te breek.

“Hulle het gedreig om my ma seksueel aan te rand en hul koppe inmekaar te slaan,” het ’n ontstelde Fernandes aan Volksblad gesê.

Volgens Fernandes het die groep vir die polisie gesê haar ma het pres. Robert Mugabe gevloek en moet in die tronk gesit word.

Clayson Monyela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking, het gister aan Volksblad gesê hulle is bewus van die situasie en is saam met die Suid-Afrikaanse ambassade in kontak met die Du Toits.

– Volg Nuus24 op Twitter.

 

- Volksblad

Lees meer oor: zimbabwe  |  plase

Lewer kommentaar op hierdie artikel
25 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarel sê... Pritt moenie vergeet ons land voer daai petrol na hulle toe uit vir n appel en n ui en hy die diktator verkoop dit weer vir dubbel die prys. Dis petrol wat kastig hulle land moet help uit hulle swaarkry uit en wat maak hy gebruik dit vir eie gewin. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BA

Tshwane (Pretoria)
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R420000

Oracle Applications DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R540000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R180000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 225,000.00

MAZDA

626 2.0 SL
2005
R 119,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 129,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.