Boer, staat se geveg oor Zim weer in hof

2010-12-23 07:35
Tweets Share Share line Print

Mnr. Crawford von Abo

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Beeld

Johannesburg - Die volgende ronde van die geveg tussen die Suid-Afrikaanse regering en die skatryk Vrystaatse boer Crawford von Abo oor Von Abo se uitgebreide boerderybelange in Zimbabwe word op 28 Februarie in die appèlhof voor vyf appèlregters uitbaklei.

Von Abo, wat volgens sy regspan skade van sowat R500 miljoen in Zimbabwe gely het weens dié land se beleid oor grondhervorming, het reeds in Februarie in die hooggeregshof in Pretoria ’n belangrike sege teen die regering behaal.

Daar het regter Bill Prinsloo beslis dat die regering Von Abo se skade moet vergoed toe die Zimbabwiese regering beslag gelê het op sy belange, wat bees-, tabak- en mielieplase insluit.
14 van sy plase is onder hom uitgevat.

Die regering het teen Prinsloo se uitspraak appèl aangeteken.

Appèlregters L. Mpati, T. Cloete, S. Snyders, E. Theron en W. Plasket sal op 28 Februarie mondelinge betoog van die regering en Von Abo aanhoor, is gister aan Beeld bevestig.

Een van die vrae waaroor die appèlregters duidelikheid wil hê, is of die regering Von Abo se pleidooi om diplomatieke beskerming “rasioneel, behoorlik en in goeie trou” oorweeg het en, indien wel, of dié optrede van die regering met bepalings in die Grondwet bots.

Wat ook al die uitspraak in die appèlhof is, word verwag dat die verloorder aansoek om appèl in die konstitusionele hof sal doen weens die belang van die saak.

Die hofgevegte word in boerdery- en landboukringe fyn dopgehou omdat verskeie ander Suid-Afrikaanse eienaars van plase in Zimbabwe ook van hul grond ontneem is.

As die uiteindelike beslissing in Von Abo se guns is, kan dit die sluise oopdraai vir soortgelyke eise teen die regering.

- Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: zimbabwe  |  boerdery  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarel sê... Pritt moenie vergeet ons land voer daai petrol na hulle toe uit vir n appel en n ui en hy die diktator verkoop dit weer vir dubbel die prys. Dis petrol wat kastig hulle land moet help uit hulle swaarkry uit en wat maak hy gebruik dit vir eie gewin. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

PA/ Office Co coordinator

Johannesburg, South Africa
Hewitt Colenbrander Recruitment
R12000 - R18000

IT Operational Manager

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R480000

Admin Assistant

Silverton, Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R8000 - R10000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 225,000.00

MAZDA

626 2.0 SL
2005
R 119,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 129,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.