Boeing in 'ongeluk' by Harare-lughawe
2010-08-05 11:26
Harare - 'n Boeing 767 vanaf Londen was Donderdag in 'n ongeluk by Harare se internasionale lughawe betrokke terwyl dit besig was om te land, het ooggetuies gesê.
"Ek kan bevestig dat 'n vliegtuig vanaf Londen in 'n ongeluk in Harare betrokke was," het David Chawota, hoof van Zimbabwe se burgerlugvaartowerheid (BLO) gesê.
"Ons probeer steeds die oorsaak van die ongeluk vasstel."
Chawota wou nie die naam van die lugredery bekendmaak of sê wat presies met die vliegtuig gebeur het nie.
- Volg Nuus24 op
Twitter.
- AFP