Bob slyp mes vir Bennett

2009-11-11 10:32
Tweets Share Share line Print

Tangai Chipangura

Harare – In ’n klaarblyklike poging om Morgan Tsvangirai, sy premier, verder te frustreer, het pres. Robert Mugabe Johannes Tomana, sy omstrede prokureur-generaal, beveel om self die aanklaer te wees in die terreurverhoor van Roy Bennett, Zimbabwe se aangewese adjunkminister van landbou.

Mugabe weier sedert 11 Februarie vanjaar – toe die eenheidsregering (RNE) ingestel is – om Bennett, wat deur Tsvangirai aangewys is, in te huldig.

Tomana is op sy beurt een van Mugabe se eensydige aanstellings wat Tsvangirai onlangs genoop het om kabinetsittings te boikot.

Tomana is ook aan die voorpunt van die verskerpte optrede om die oorblywende wit boere in Zimbabwe te vervolg en van hul plase te verdryf.

Tomana het sedert sy aanstelling in Februarie alles in sy vermoë gedoen om Bennett te vervolg. Hy is in ’n stadium in haglike omstandighede in ’n tronk in Mutare aangehou.

Toe Bennett wel later op borgtog vrygelaat is, het Tomana talle aktiviste van Tsvangirai se beweging vir demokratiese verandering (MDC) laat toesluit en teister.

Te midde van die polemiek rondom Bennett se nuwe verhoor het Tomana opdrag gegee dat dat vier leiers van die Zimbabwiese Kongres van Vak-unies (ZCTU), onder wie Lovemore Matombo, ZCTU-leier, by Fort Victoria gevange geneem word op aanklag dat hulle vergaderings gehou het sonder om die polisie daarvan te verwittig. Matombo het sterk bande met Cosatu in Suid-Afrika.

Cosatu en talle menseregte-organisasies eis Matombo en sy makkers se onmiddellike vrylating. In ’n brief aan Mugabe sê die Internasionale Konfederasie van vakbonde in Afrika (ITUC-Africa), waarvan Cosatu ’n lid is, die ZCTU-groep se “arbitrêre inhegtenisneming en onwettige aanhouding” en vergrype teen vakbondlede kwel hom.

- Beeld

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarel sê... Pritt moenie vergeet ons land voer daai petrol na hulle toe uit vir n appel en n ui en hy die diktator verkoop dit weer vir dubbel die prys. Dis petrol wat kastig hulle land moet help uit hulle swaarkry uit en wat maak hy gebruik dit vir eie gewin. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 225,000.00

MAZDA

626 2.0 SL
2005
R 119,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 129,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.