Bewerings oor 'mishandeling' in Nigeriese weermag ondersoek
2011-08-12 13:18
Abuja – Nigerië se minister van verdediging het gesê hy sal bewerings dat soldate burgerlikes mishandel en aanval, ondersoek.
Minister Bello Mohammed het in ‘n verklaring gesê die weermag moet die minimum geweld gebruik en “taktvol” teenoor burgerlikes optree.
Dié benadering moet ook volgens hom in die stryd teen die berugte Boko Haram-sekte, wat verantwoordelik is vir voorvalle van geweldpleging in dié land, gebruik word.
Mohammed se uitlatings volg nadat ‘n vrou Woensdag volgens owerhede tydens ‘n geveg met soldate doodgeskiet is.
Soldate het glo ‘n optog deur jongmense in die Borno-staat probeer stop.
Menseregtegroepe beskuldig gereeld die Nigeriese weermag van 'n oormatig gewelddadige benadering.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP