Bevry Libië, pleit Gaddafi
2011-08-15 14:02
Tripoli – Muammar Gaddafi, die Libiese leier, het burgerlikes aangemoedig om “Libië te bevry” van Navo en "verraaiers".
Dié oproep volg ‘n dag nadat rebelle ‘n belangrike stad naby aan die Tunisiese grens verower het.
Van Gaddafi se regeringsverteenwoordigers het laat Sondagmiddag met rebelle vergader by ‘n hotel op Djerba, ‘n suidelike Tunisiese eiland, het ‘n bron met direkte inligting van die vergadering gesê. ‘n Regeringswoordvoerder het egter ontken dat die vergadering plaasgevind het.
Die vergaderings volg nadat die rebelle glo beheer oor Zawiyah, 50 km wes van Tripoli, gekry het. Hulle kan uit dié posisie die verskaffing van kos en brandstof van Tunisië na Tripoli afsny.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters