Betoger doodgeskiet in Nigerië
2012-01-09 15:05
Lagos – 'n Betoger is Maandag tydens 'n nasionale staking oor brandstofpryse in die Nigeriese handelshoofstad, Lagos, doodgeskiet, het 'n vakbondleier gesê.
"Ons het nou net 'n verslag ontvang dat een persoon deur die polisie in Lagos doodgeskiet is," het Abdulwahed Omar, president van die Nigerian Labour Congress, aan betogers in Abuja gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP