Besnydenisring knip Vigs dalk kort

2010-02-16 05:23
Tweets Share Share line Print

Londen - 'n Nuwe besnydenisring wat deur wetenskaplikes in China ontwerp is, is moontlik besig om 'n effektiewe wapen in Afrika se stryd teen MIV/Vigs te word.

Die ShangRing is suksesvol op 'n klein groep mans in Kenia getoets, en die projek is reeds $4 miljoen (sowat R31 miljoen) deur Bill en Melinda Gates se liefdadigheidsinrigting belowe.

Toetse sal na verwagting vandeesweek op 'n groter skaal uitgevoer word.

Volgens een Keniaan, wat slegs as Christopher wou bekendstaan, is die prosedure verbasend pynloos, selfs al moet die ring vir 10 dae gedra word.

"Ek dink dit is die beste manier om myself teen siektes soos Vigs te beskerm," het hy gesê.

Wetenskaplikes meen besnydenis verminder die kanse van verspreiding van MIV omdat die voorvel besonder vatbaar is vir dié virus.

Besnydenis is egter 'n probleem in Afrika, waar lande dikwels 'n tekort aan mediese personeel en fasiliteite het.

Volgens mediese data uit China is daar komplikasies in slegs 5% van gevalle waar die ShangRing gebruik word.

Tradisionele besnydenisse in Afrika veroorsaak volgens die data komplikasies in soveel as 15% van gevalle.

'n Chirurgiese besnydenis neem sowat 20 minute, terwyl 'n ShangRing-besnydenis slegs 5 minute vat.

Sewentig persent van die wêreldwye MIV-positiewe bevolking woon in Afrika.

- Sapa-AP
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: miv/vigs

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gys sê... kafrika Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Figo 1.4 TDCi Ambiente Dsl 5-dr
2012
R 133,330.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 126,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Playa 1.8 5-dr
1999
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.