Beskerm burgerlikes, vra rebelleleier
2011-10-10 15:20
Kurmuk – ‘n Soedannese rebelleleier het ‘n beroep op die regering gedoen om bomaavalle op sy eie burgers te stop en om veilige sones vir burgerlikes en hulpwerkers in twee grensgebiede wat gebuk gaan onder geweld, te skep.
Altesaam 74 burgerlikes is tydens ‘n aanval in September dood en meer as 100 beseer tydens ‘n lugaanval van die regering in die Blue Nile-staat, het Malik Agar, voorsitter van die SPLM, gesê.
Die Soedannese regering het dié aantygings ontken. Die regering beskuldig die rebelle daarvan dat hulle moeilikheid vir burgerlikes in omgewings soos Blue Nile maak en hou vol dat hy wel sy mense beskerm.
Gevegte vind ook sedert Junie in die Nuba-gebergtes in Suid-Kordofan plaas.
Noodlenigingsagentskappe kon sedert die uitbreek van die geweld nie in enige van dié gebiede gaan help nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters