Besigye in aanhouding vir nou - Uganda
2011-04-21 17:52
Kampala - ‘n Regter het gesê dat Kizza Besigye, die Ugandese opposisie-leier, wat vir die derde keer hierdie maand in hegtenis geneem is, in aanhouding sal bly tot hy op 27 April in die hof moet verskyn.
“Die beskuldigde sal in hegtenis bly weens sake wat nog hangend is,” het Justine Atukwasa, die hooflanddros, tydens die saak van Besigye en drie ander opposisie leiers wat ook gearresteer is, gesê.
“Hulle sal in aanhouding bly totdat die borgtogaansoek op 27 April aangehoor kan word,” het hy gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP