Ben Ali en sy vrou kry 35 jaar tronkstraf
2011-06-21 09:07
Tunis – Die voormalige president van Tunisië, Zine El Abidine Ben Ali, en sy vrou is in absentia skuldig bevind aan verduistering en ander aanklagtes nadat $27 miljoen (sowat R183 miljoen) se juwele en publieke fondse in een van sy paleise gevind is.
Hulle is tot 35 jaar tronkstraf gevonnis.
Die vonnisoplegging van Ben Ali en sy vrou, Leila Trabelski, volg ná ‘n dag lange verhoor in die kriminele hof in Tunis.
Die paartjie het op 14 Januarie na Saoedi-Arabië gevlug ná ‘n maand lange opstand in die land wat tot soortgelyke opstande in die Arabiese wêreld gelei het.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP