Bejaarde sterf in stormloop vir gratis mediese sorg
2011-03-08 15:11
Freetown – ‘n Bejaarde man is dood en talle mense is beseer toe ‘n skare wat vir gratis mediese ondersoeke gekompeteer het buite beheer geraak het.
“ ‘n Bejaarde man is doodgetrap tydens ‘n stormloop, het ‘n doktor by die Connaught Hospitaal, Andrew Thomas, gesê.
Twaalf ander mense is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal, het hy gesê.
Meer as 5 000 mense het Maandag in die nasionale stadion bymekaargekom vir die gratis ondersoek geborg deur die Britse hospitaalskip, African Mercy.
Meer as 50% het die vorige aand reeds voor die hekke begin uitkamp.
Die polisie het gesê owerhede is besig om die oorledene se identiteit te probeer bevestig.
Hy het glo aan elefantiatis gely en het ‘n oogprobleem gehad.
Volg Nuus24 op Twitter.