Beëindig Zim-sanksies
2009-09-10 18:52
Nairobi – Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het internasionale gemeenskappe gevra om sanksies teen Zimbabwe te lig en so doende die land se magsdeelooreenkoms te vier.
Dié ooreenkoms is in September verlede jaar aangegaan in ‘n poging om Zimbabwe se politiese en ekonomiese probleme op te los.
Joseph Kabila, die presedent van die Kongo, wat tydens ‘n beraad in Kinshasa as hoof van die SAOG aangestel is, sê volgehoue sanksies kan die implementasie van die gedeelde regering, beskadig.
Morgan Tsvangirai se Movement for Democratic Change (MDC) het gedruk vir ‘n aparte beraad om Zimbabwe se probleme te hanteer. ‘n Woordvoerder van die SADC het ingestem hiertoe, maar die organisasie het dit nie gedoen nie.
Beide Kabila en Suid-Afrika se president, Jacob Zuma, het Mugabe en Tsvangirai aangeraai om vol te hou met gesprekke oor die land se probleme.
- Sapa-dpa