Ban Ki-moon besoek Nigerië oor aanvalle
2012-01-11 10:01
Abuja – Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), het ‘n vergadering met Olugbenga Ashiru, die Nigeriese minister van Verdediging, gehad oor die VN se vrese oor militante groepe in Wes-Afrika.
Luidens ‘n verslag wat kort voor die vergadering deur die VN vrygestel is, is die VN bekommerd oor “die moontlike verbintenisse tussen Boko Haram, die Nigeriese groep wat vir ‘n reeks aanvalle in die land blameer word, en Al-Kaïda se tak in Noord-Afrika.”
‘n Vermeende selfmoordbomaanvaller van Boko Haram het op 26 Augustus 2011 die VN se kantore in Abuja aangeval. Altesaam 13 van die VN se personeellede en 12 ander mense is tydens die aanval dood.
“Die sekretaris-generaal en die minister van verdediging het onlangse ontwikkelings in Nigerië bespreek,” en die ondersoek na die bomaanval op die VN-kantore, het Martin Nesirky, ‘n VN-woordvoerder, gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP