Amnestie: Maleisië moet al-Bashir arresteer
2011-06-14 11:22
Kuala Lumpur - Amnestie Internasionaal eis dat Maleisië sy uitnodiging aan Omar al-Bashir, die Soedannese president, om ‘n ekonomiese forum by te woon, terug te trek of om hom in hegtenis te neem wanneer hy opdaag.
Maleisië se regering het gesê dat al-Bashir, wat vir oorlogmisdade gesoek word, een van menigte Afrikaleiers is wat die forum hierdie naweek in Maleisië gaan bywoon.
Die internasionale strafhof het lasbriewe vir al-Bashir se inhegtenisname uitgereik omdat hy glo gruweldade in Darfoer beveel het.
Amnestie het gesê Maleisië moet nie “homself in ‘n hawe vir vlugtelinge van internasionale wetgewing verander nie.”
Die uitnodiging aan al-Bashir weerspreek Maleisië se aansoek om hierdie jaar by die internasionale strafhof aan te sluit. Amnestie moedig die regering aan om al-Bashir te arresteer indien hy die land binnekom.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP