Al Jazeera in Egipte herstel
2011-02-09 22:16
Kaïro – Die Egiptiese satellietmaatskappy Nilesat het uitsendings van die transmissies van die nuuskanaal Al Jazeera, wat in Qatar gebaseer is, herstel. Dit het vir die toorn van die Egiptiese owerhede tydens die anti-regering betogings gesorg, het Al Jazeera en televisiekykers Woensdag gesê.
Nilesat het Al Jazeera op 1 Februarie afgesny, omtrent dieselfde tyd wat ondersteuners van Egiptiese President Hosni Mubarak met teen-betogings begin het en fisiese aanvalle op die protesbeweeging in Tahrirplein in sentrale Kaïro geloots het.
Egiptiese owerhede beskuldig Al Jazeera daarvan dat dit Egiptenare teen die regering roep deur om betogings te oordryf. Betogings het op sekere dae meer as ’n miljoen mense van regoor die land getrek.
Die protesbeweging steun Al Jazeera en is krities teenoor die staatsmedia, wat onder die beheer van veteraan Minister van Inligting Anas el-Fiki.
In ’n vergadering met Egiptiese koerantredakteurs Dinsdag, het Adjunk-President Omar Suleiman gesê nie-Egiptiese satellietkanale het Egipte “beledig en verkleineer”.
Suleiman het gesê die rol van die staatmedia was om alle Egiptenare aan te spreek, en nie net die protesbeweging nie, “sodat hulle (die massas) kan weet hulle regime nogsteeds sy rol kan vervul”.
Eqiptenare het Dinsdag een van die grootste betogings nog gehou, met die aandringing dat Mubarak onmiddelik mag oorgee en ’n regeringsplan om dit te doen geïgnoreer.
- Reuters