Al-Bashir gaan na konferensie in Chad
2010-07-21 16:06
Khartoem – Pres. Omar Hassan al-Bashir van Soedan gaan Woensdag na Chad vertrek, sy eerste besoek aan ‘n lidstaat van die hof wat hom wil laat arresteer op aanklagte van volksmoord.
Die Internasionale Kriminele Hof (IKH) het in 2009 ‘n lasbrief vir al-Bashir se inhegtenisname uitgereik nadat hy weens bewerings oor oorlogsmisdade in Darfoer gesoek word.
Die hof het verlede week nóg drie aanklagte van volksmoord by die lys van aanklagte teen hom gevoeg.
“Hy sal môre na Chad vertrek om ‘n konferensie by te woon. Sy besoek sal drie dae duur,” het ‘n bron na aan die presidensie gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters