Al-Bashir: Onafhanklike suide nié 'n opsie
2010-10-13 10:55
Khartoem – President Omar al-Bashir van Soedan het gewaarsku dat hy nie ‘n alternatief tot ‘n verenigde Soedan sal aanvaar nie.
Dié waarskuwing kom op die vooraand van ‘n referendum in die suide van die land om te bepaal of die area onafhanklikheid van die res van die land verlang.
Die referendum sal na verwagte vroeg volgende jaar plaasvind.
Terselfdertyd sal die inwoners van Abyej, ‘n distrik wat ryk is aan olie, deur ‘n stem aantoon of hulle deel wil wees van die suide of die noorde.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA