Aktiviste soek fondse vir vigs
2010-09-11 14:15
Johannesburg – Dokters in Afrika en menseregte-aktiviste plaas druk op Afrika-regerings om meer geld te spandeer op vigs-bewusmakingsveldtogte.
Graca Machel, vrou van voormalige president Nelson Mandela, tesame met verskeie ander kundiges poog daarin om tydens hierdie veldtog veral op die gesondheid van kinders in Afrika te fokus.
Machel het aan verlsaggewers gesê dat verskeie regerings in 2001 reeds beloof het dat hul 15% van hul nasionale begroting aan gesondheid sal spandeer.
Sy het bygevoeg dat ons nie van ander kontinente kan verwag om ons te help, as ons nie eers onsself help nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA