Air Namibia gaan moontlik staak
2011-11-17 16:34
Windhoek – Die kajuitpersoneel van Air Namibia kan moontlik volgende week begin staak nadat die meerderheid van hul vakbondlede Dinsdagaand daarvoor gestem het, het die Republikein berig.
Dit volg nadat onderhandelinge vanaf middel-Oktober tussen hul werkgewer en vakbond, die Namibië Kajuitpersoneelunie (NCCU), in ’n doodloopstraat beland het.
’n Ingeligte bron het Woensdag bevestig dat die meerderheid van die 134 kajuitpersoneellede Dinsdagaand ten gunste van ’n staking gestem het.
Die kennisgewing vir ’n staking is glo Woensdag aan die hoofbestuur van Air Namibia oorhandig wat tot Maandag tyd het om daarop te reageer.
’n Staking sal Air Namibia in ’n verdere krisis dompel, veral met die vakansie wat op hande is.
– Lees die volledige berig op die Republikein.
– Volg Nuus24 op Twitter.