Afrika bestee te min aan landbou – VN
2011-05-04 09:23
Kaapstad - Kanayo Nwanze, die hoof van die Verenigde Nasies se Landelike Ontwikkelings-afdeling, het Afrikalande gekritiseer omdat hulle nie minstens 10% van hul nasionale begrotings aan landbou bestee nie.
Hy het gesê dit is een van die resolusies wat die Afrika Unie in 2003 in Maputo aanvaar het.
Nwanze het in Kaapstad gepraat tydens die bekendstelling van die 2011 Landelike Armoede-verslag.
Regerings moet 'n groter rol speel om armoede te verminder en voedselsekerheid te verseker, het hy gesê. Slegs sowat agt Afrika-lande het teen verlede jaar aan die AU-resolusie voldoen.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- RSG