Adjunkminister vas oor Van Gogh-diefstal
2010-08-24 05:05
Kaïro - Egipte se hoofstaatsaanklaer het beveel dat die adjunkminister van kuns en kultuur in hegtenis geneem word in verband met die verdwyning van 'n Vincent van Gogh-skildery.
Diewe het Saterdag die skildery getiteld "Papawers" uit die Mamoud Khalil-museum gebuit.
Die museum se alarms was buite werking en slegs sewe van die 43 kringtelevisie kameras het ten tyde van die rooftog gewerk.
Die hoofstaatsaanklaer het intussen beveel dat Mohsen Shalaan, adjunkminister van kuns en kultuur en vier van die museum se sekerheidswagte in hegtenis geneem wod terwyl hulle vir nalatigheid ondersoek word.
Tien ander mense is ondervra en is Sondag vrygelaat.
- AP