Aardbewing tref Mosambiek, gevoel in Zim
2011-07-07 12:35
Johannesburg – ‘n Aardbewing wat 4.5 op die Richterskaal meet, het die laer Save-vallei in Mosambiek getref en is in die ooste van Zimbabwe gevoel, het Zimbabwe se Herald Online Donderdag berig.
Volgens die Amerikaanse Geologiese Opname het die aardbewing om 12:37 Woensdag plaasgevind in ‘n omgewing wat in die laaste 20 jaar meer as 12 aardbewings gehad het. Dit sluit in twee groot aardbewings in 2006 wat tot in Harare gevoel kon word.
Die aardbewing het veral amok gemaak in Chipinge, in die suid-ooste van die land, waar inwoners moes skarrel vir skuiling.
Geen sterftes of beserings is gerapporteer nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA