Aanvallers dood vyf by troue
2010-03-06 18:22
Tanzanië - Vyf mense is dood en 20 beseer toe die gaste by ‘n troue in die noorde van Tanzanië aangeval is.
“Die aanvallers het by die seremonie ingestorm en na willekeur begin skiet,” het Constantine Masawe, ‘n kommandeur in die polisie, gesê.
Hy het bygevoeg dat ‘n ondersoek geloods sal word.
Charles Mwera, ‘n parlementslid, het sy besorgdheid oor sekuriteit in dié distrik, wat aan Kenya grens, uitgespreek.
Verlede week het gewapende mans sowat 17 mense in ‘n dorpie in Musoma doodgemaak.
– Sapa