'Aanval' op Nigeriese ambassade in Ivoorkus
2010-12-22 22:04
Abudja - Nigerië se minesterie van buitelandse sake het Woensdag gesê 'n voorval het plaasgevind by hul ambassade in die Ivoorkus, maar dat hulle nie seker is of dit 'n doelgerigte aanval was nie.
Odein Ajumogobia, Nigerië se minister van buitelandse sake, het nie op die saak uitgebrei nie en net laat weet dat 'n bomdop op die perseel gevind. Niemand is egter beser nie.
"Ons weet nie of dit 'n doelgerigte of beplande aanval was nie," aldus Ajumogobia.
"So die voorval word nog ondersoek."
Nigerië het Dinsdag aangekondig dat hulle familielede van diegene wat in Abudjan baseer is, ontruim het weens die opbouende konflik in die Ivoorkus na die land se presidensiële verkiesings.
Die land se selfverklaarde leier Laurent Gbagbo weier steeds om sy amp te verlaat, ten spyte daarvan dat hy die onlangse presidentsverkiesing verloor het.
- Volg Nuus24 op Twitter.