Aanval op Christene veragtelik, sê pous

2011-01-03 10:01
Tweets Share Share line Print

’n Koptiese Christenvrou ween gister onbedaarlik terwyl ’n Koptiese man (regs) sy woede uitdruk kort ná die oggendmis by die Saints-kerk in Alexandrië, Egipte. (AP)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Burger

Vatikaanstad. – Pous Benedictus XVI het gister die bomaanval op ’n kerk in Egipte waarin 21 mense omgekom het, veroordeel.

“Hierdie veragtelike gebaar, soos die plant van bomme naby die huise van Irakse Christene om hulle te laat vlug, gee God en die hele mensdom aanstoot,” het die pous ná sy weeklikse dankgebed gesê.

’n Motorbom het Saterdag buite ’n Koptiese Christenkerk in Alexan­drië ontplof terwyl dosyne mense hier saamgetrek het vir Nuwejaarsvieringe. Volgens die Egiptiese minister van binnelandse sake kon ’n buitelands-gesteunde selfmoordbomaanvaller vir die aanvalle verantwoordelik wees.

Talle Christene het in die strate teen dié gebeurtenis betoog en sommige Christene en Moslems het mekaar met klippe gegooi. Christene maak sowat 10% van die Egiptiese bevolking van 79?miljoen uit.

Die pous het Christengemeenskappe aangemoedig om op ’n nie-gewelddadige wyse deur te druk in die aangesig van wat hy beskryf het as “’n strategie van geweld wat Christene teiken”.

Vroeër is Christene in die Irakse hoofstad, Bagdad, ook geteiken en is twee mense dood en 16 ander beseer in ’n bomaanval verlede Donderdag.

Op Kersfees het ses mense gesterf in aanvalle op Christenkerke in die noordooste van Nigerië en ses is gewond in ’n bomaanval op ’n Katolieke kerk op die eiland Jolo in die Filippyne.

Die Vatikaan vrees dat die aanvalle, tesame met verskeie beperkings op Christene in lande soos Saoedi-Arabië, ’n uittog deur Christene uit die streek kan aandryf.

In sy Nuwejaarspreek het die pous gesê “woorde is nie genoeg” om vrede in veral die Midde-Ooste te bewerkstellig nie.

Hy het vir “konkrete en deurlopende toewyding” van nasionale leiers gevra en dat almal op ’n plaaslike vlak vrede moet nastreef in hul verhouding met hul bure.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Reuters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Deon sê... Ag ek hoop die queen geniet dit. Nou het sy darem lekker kos en drank op die tafel terwyl haar landgenote vrek van die honger. Net jammer sy mors duisende wat daar nie is nie of is dit nou eintlik wat ons prezzie vir haar gegee het. Mag sy stik in haar kreef en in Joburg algemeen beland. Ai ons bly tussen swape. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-16°C Passing showers. Scattered clouds. Cool. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 13-19°C A few showers. More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Consultant Finance

Johannesburg, South Africa
Antal International Johannesburg (Pty) Ltd
R440000 - R460000

Bookkeeper

Centurion, South Africa
Under African Skies Recruitment
R10000 - R15000

Accounts Executive SLA Customer Senior Advisor

Gauteng, South Africa
Employ Africa
R600000 - R1000000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.7 Raider LWB VVT-i RB PU MY05
2005
R 169,995.00

TOYOTA

Tazz 130 XE 5-dr
2004
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.