AU-soldate sterf in ontploffing

2011-08-04 08:44
Tweets Share Share line Print

Mogadisjoe – ’n Westerse instrukteur en vier van die Ugandese soldate van Amisom, die Afrika-unie (AU) se mag in Somalië, het vandeesweek die jongste slagoffers van ’n magstryd in dié hongersnood-geteisterde land geword.

In dié voorval het twee lede van Al-Shabaab in die uniforms van die Somaliese weermag die Ugandese se kamp in die Florensa-gebied in Mogadisjoe binnegegaan, waarna een ’n ploftoestel aan sy lyf geaktiveer het. Albei is ook in die ontploffing dood.

Volgens kol. Paul Lokech, die Ugandese kontingentbevelvoerder van Amisom, het Al-Shabaab, die terreurgroep wat grootliks vir die konflik in die land verantwoordelik is, die afgelope paar maande sy taktiek verander.

“Daar is buitelandse vegters uit Pakistan, Afganistan en Jemen wat die milisies help – daar is selfs Soedannese en Jihadiste uit ander Afrika-lande,” het hy vandeesweek gesê.

“Ons is nie hier besig met vredesoperasies nie. Ons is nie eens besig om vrede af te dwing nie. Ons is betrokke in volskaalse stedelike oorlogvoering.

“Soldate hou nie daarvan om in ’n stad oorlog te maak nie, want dit verg baie soldate en ’n mens is beperk in jou beweeglikheid.”

Uganda en Burundi het elk sowat 4 000 soldate en ondanks verskeie ander Afrika-lande se beloftes van meer soldate, is dít tot dusver die somtotaal van die Amisom-mag. Die twee groepe werk saam, maar is ter wille van bevel en beheer in afsonderlike sektore van die stad ontplooi.

Danksy hul pogings die afgelope drie jaar is 12 van die 16 distrikte in die stad tans onder die beheer van die Somaliese tussentydse regering.

“Suid-Afrika was die land wat Burundi na vrede gehelp stabiliseer het.

“Nou help Burundi Somalië om dieselfde te bereik,” het Lokech gesê.

Casspir-pantservoertuie uit Suid-Afrika is die AU-soldate se getroue strydrosse vir beskerming teen Al-Shabaab-stryders se koeëls.

“As nie meer Afrika-lande bereid gaan wees om te help nie, gaan Somalië ’n internasionale probleem van epiese afmetings word – veral met die seerowers aan die kus. Almal weet dat Al-Shabaab uit die opbrengs van die seerowery gefinansier word.

“Ons kan nie onbepaald aanhou baklei nie. Ons kan Al-Shabaab uit die stad uitdryf, maar dan moet humanitêre ingryping kom om standhoudende verligting vir die mense te bring. Hulle moet weet daar is ’n vreedsame alternatief,” het Lokech gesê.

Sy magte het tot ’n klompie maande gelede gereeld langs die lughawe, waar hul basis ingerig is, onder skoot gekom van Al-Shabaab. Nou is die milisies so ver teruggedryf dat hul mortiere nie meer die reikafstand het om die basis te tref nie.

Aan die een kant van die lughawe staan ’n Iljushin 76-vragvliegtuig windskeef waar ’n teen-tenkprojektiel van die milisies dit met sy landing vol Ugandese soldate raak geskiet het.

“Ons maak vordering met ons militêre doelwitte. Toe ons hier begin het, was net ses van die 16 distrikte onder die beheer van die oorgangsregering. Nou is dit 12 en ons vorder goed met die oorblywende vier.

“Dit help egter niks as hier nie ’n behoorlike regering, polisiemag en regstelsel, tesame met ’n massiewe bydrae om die stad se infrastruktuur te herstel, gevestig word nie,” het Lokech gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Chris sê... Klink soos 'n genl hier by ons. Hy se mos ook die getuies teen hom is betaal om te lieg. So ook beweer Cosatu ondersteuners, was die swart DA optoggangers betaal om aan die optog deel te neem. Lyk mos soos 'n tendens. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY04
2006
R 114,990.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2007
R 129,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.