AU sê nee vir SA as sy kommissie-hoof

2012-01-31 08:00
Tweets Share Share line Print

Nkosazana Dlamini-Zuma (Foto24)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“Afrika het aan die Suid-Afrikaanse regering gedemonstreer dat dié land se mag op die vasteland perke het.”

So het dr. Jakkie Cilliers, uitvoerende direkteur van die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS), Maandag by die spitsberaad van die Afrika-Unie (AU) in Addis Abeba, Ethiopiese hoofstad, gesê ná dr. Nkosazana Dlamini-Zuma se mislukte poging om voorsitter van die AU-kommissie te word.

Die kommissie is die uitvoerende sekretariaat van die AU.

Dlamini-Zuma en Jean Ping van Gaboen, huidige posbekleër, het in ’n spanningsvolle verkiesingsproses teen mekaar te staan gekom.

Nie een kon egter in ’n reeks van drie geheime stemmings daarin slaag om die vereiste tweederde-meerderheid te behaal nie.

Ná ’n geskarrel gisteraand onder regsadviseurs in die AU-hoofkwartier is besluit dat Ping in sy pos sal aanbly tot in Julie, wanneer daar by die volgende leiersberaad in Malawi weer nuwe kandidate vir dié amp oorweeg sal word, berig Mandy Rossouw.

Cilliers het gesê deur Suid-Afrika se berekende veldtog om Dlamini-Zuma verkies te kry het die regering die onuitgesproke AU-reël oortree dat nie een van Afrika se groot lande (Suid-Afrika, Kenia, Egipte en Nigerië) om die pos behoort mee te ding nie.

“Suid-Afrika moes (deur dié ongekende teenstand teen hom in Afrika) tot die besef gekom het dat Afrika multipolêr is en dat die vasteland in koalisies van lande werk en nie ruimte bied vir ’n enkele groot land se invloed nie,” het hy gesê.

Dit blyk dat al 15 lande van die Wes-Afrikaanse Ekonomiese Gemeenskap (Ecowas) en al die Franssprekende lande teen Suid-Afrika gestem het.

Hulle is blykbaar baie kwaad oor Suid-Afrika se onlangse diplomatieke toetredes tot konflikte in Afrika.

Nog ’n waarnemer het gesê: “Dis baie duidelik dat, met Nigerië aan die voorpunt, die teenstand teen Suid-Afrika toegeskryf kan word aan dié land se rampspoedige pogings om Laurent Gbagbo, voormalige leier van die Ivoorkus, in die kussings te hou nadat hy die presidentsverkiesing verloor het.”

Suid-Afrika se voortgesette steun aan die Gaddafi-regime in Libië, asook sy kortstondige betrokkenheid in Kenia by die nasleep van die geweld van die 2007-verkiesing, het ook ’n rol gespeel, het nog ’n bron gesê.

Daar is ook aanduidings dat selfs nie al die lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) vir Dlamini-Zuma gestem het soos verwag is nie.

– Volg Nuus24 op Twitter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Chris sê... Klink soos 'n genl hier by ons. Hy se mos ook die getuies teen hom is betaal om te lieg. So ook beweer Cosatu ondersteuners, was die swart DA optoggangers betaal om aan die optog deel te neem. Lyk mos soos 'n tendens. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY04
2006
R 114,990.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2007
R 129,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.