AU kan groot rol speel in Libiese krisis, sê Brittanje
2011-07-05 09:28
Londen – William Hague, die Britse minister van buitelandse sake, het Maandag tydens vergaderings in Londen aan Jean Ping, die hoof van die Afrika-unie, beklemtoon dat die groep “’n baie belangrike rol” kan speel in 'n oplossing vir die Libiese konflik.
“Dit is belangrik dat die AU te kenne gegee het dat Gaddafi nie deel van die onderhandelingsproses kan wees nie en dat daar ‘n oordrag van mag moet wees,” het Hague gesê.
Afrika-leiers was tot dusver huiwerig om hulle uit te spreek oor die Libiese leier se toekomstige posisie.
Brittanje is een van die grootste rolspelers in die Navo-veldtog teen Muammar Gaddafi, die Libiese leier. Libië se omliggende lande het Brittanje en sy alliansie-vennote egter tot dusver nie gesteun nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP