AU gaan noodvergadering oor Libië hou
2011-08-23 13:42
Addis Ababa – Die Afrika-unie (AU) het gesê dat hy Vrydag ‘n noodvergadering oor Libië gaan hou terwyl dit wil voorkom of die rebelle spoedig op pad is om Muammar Gaddafi se regering, na ‘n ses maande lange burgeroorlog, tot ‘n einde te bring.
Die AU het Maandag by sy hoofkwartiere in Addis Ababa ‘n noodvergadering gehou.
“Ons gaan nie vandag ‘n verklaring uitreik nie omdat ons verdere vergaderings in die komende dae gaan hê. Maar ons het baie inligting uitgeruil oor wat in die Libië aan die gang is,” het Noureddine Mezni, die woordvoerder van die AU, gesê.
“Staatshoofde is na Vrydag se vergadering genooi,” het Mezni na Maandag se vergadering gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters