9 dood tydens gevegte in Somalië
2010-03-04 01:53
Mogadisjoe – Minstens nege mens is dood en 30 ander is beseer tydens ‘n skietery tussen die weermag en Islamitiese opstandelinge in Mogadisjoe, het ooggetuies en mediese werkers Woensdag gesê.
Regeringsmagte het laat Dinsdagmiddag op vegters van die Al Qaeda geïnspireerde Shebab rebelle-groep in die Suidelike streek van Tarbunka toegesak. ‘n Skietery het uitgebreek en minstens nege mense is dood.
“Vyf burgerlikes, insluitende ‘n kind, is naby Bakara dood, “ het ‘n ooggetuie en plaaslike verkoopsman, Hussein Mohamed, aan die nuusagentskap AFP gesê.
Volgens ‘n mediese bron is drie ander mense aan hul beserings dood.
"Meer as 30 burgerlikes is tydens dié gevegte beseer en tot dusver is drie van hulle oorlede,” het Mohamed Yusuf, die hoof van Mogadisjoe se Medina-hospitaal gesê.
Volgens Abdullahi Mohamed Sanka, ‘n weermagsoffisier, is een soldaat tydens die gevegte oorlede. Die Shebab het geen lewensverlies aangemeld nie.