73 dood, 1 000 beseer in Egiptiese sokker-onluste
2012-02-01 22:40
Kaïro – Die staatstelevisie in Egipte het berig 73 mense is dood nadat ondersteuners van twee sokkerspanne op ‘n veld gehardloop en mekaar met stokke en klippe bestook het.
Dit het tot ‘n stormloop gelei.
Volgens die ministerie van gesondheid is nog 1 000 mense beseer in Woensdag se onluste.
‘n Mediese beampte, wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het, het gesê sommige van die dooies was veiligheidsbeamptes.
Egipte se staatsaanklaer het ‘n onmiddellike ondersoek na die gebeure beveel.
Volgens getuies het die stormloop gebeur nadat ondersteuners van die tuisspan, Al-Masry, op die veld gestorm het ná ‘n oorwinning van 3-1 oor Egipte se beste span, Al-Ahly.
Hulle het toe spelers en aanhangers van die teenstanders gejaag.
- Volg Nuus24 op Twitter
- AP