71 sterf weens cholera
2009-09-26 02:34
Kano, Nigerië – Die dodetal van cholera in die noorde van Nigerië het binne die afgelope 52 maande tot 71 gestyg.
Volgens die departement van gesondheid is meer as 746 gevalle van dié siekte aangemeld en is 71 mense reeds daarvan oorlede.
“Gevalle van cholera is in sewe van die 21 state in die noorde van die land aangemeld en die regering doen alles wat dit kan om die uitbreek van die siekte te beheer”, het Zainab Baba Kwanci, van dié departement gesê.
Volgens Kwanci is medikasie na die areas waar gevalle van die siekte aangemeld is gestuur maar pogings om die verspreiding van die siekte onder beheer te bring word sedert Julie vanjaar reeds deur ‘n staking deur mediese werkers gepooitjie.
‘n Uitbreek van dié siekte het in September verlede jaar 100 lewens in die state van Katsina, Zamfara en Bauchi geëis.
- Sapa