71 sterf op paaie in Mosambiek
2009-12-29 14:41
Maputo - Sowat 71 mense is dood en 79 beseer in Mosambiek in sowat 117 padongelukke tussen 19 en 25 Desember, het die polisie Dinsdag gesê.
Volgens Perdo Cossa, nasionale polisiewoordvoerder, is meeste van die ongelukke veroorsaak deur hoë spoed of dronkbestuur.
“Ses mense, waarvan drie kinders, is Dinsdagoggend dood en vier ander ernstig beseer in ‘n botsing op die pad wat Suid-Afrika met Mosambiek verbind,” het Cossa gesê.
Sowat 16 mense is verlede week in dieselfde area in ‘n ongeluk dood.
–Sapa