6 tronkbewaarders per gevangene in Suid-Soedan

2011-09-22 08:22
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Die weermag kan nie nóg vredesoldate Suid-Soedan toe stuur nie en oorweeg dit nou om eerder ’n bemande veldhospitaal tot die VN-sending by te dra.

Selfs dié hospitaal sal die weermag se militêre gesondheidsdiens (SAMGD) se vermoëns toets nadat dié diens nog nie in een van die buitelandse vredesontplooiings waar die weermag betrokke was, ’n hospitaal van die grond af kon kry nie.

Die splinternuwe VN-mag in die Suid-Soedan, Unmiss, gaan uiteindelik uit ses bataljons (nagenoeg 6 000) soldate bestaan.

’n Voorligtingsessie oor die si­tuasie in dié land is Woensdag in Pretoria aangebied vir weermagstudente wat besig is met hul stafopleiding.

Volgens oudkol. Wally Vrey, wat by Unmiss se afdeling vir geregtigheid en veiligheid in Juba, hoofstad van die Suid-Soedan, betrokke is, het vier lande hulle reeds daartoe verbind om soldate te stuur. Kenia, Rwanda en Mongolië sal elk 1000 soldate bydra en Indië 2000.

Daar is gehoop dat Suid-Afrika die oorblywende bataljon sal bydra, maar dis buite die kwessie weens bestaande verpligtinge in Darfoer, die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) en elders.

Volgens Helmoed-Römer Heitman, ’n militêre kenner, is die veldhospitaal moontlik aangebied omdat dit die Suid-Afrikaanse regering in swak lig kan stel as hy niks tot die vredesproses in die Suid-Soedan bydra nie.

Volgens ingeligtes is die SAMGD egter in ’n reuse-verknorsing wat personeel betref.

Met die ontplooiing van soldate in die DRK het die VSA selfs ’n spesiale struktuur wat geskik sou wees vir ’n veldhospitaal aan die weermag geskenk.

Toe die hospitaal steeds nie ’n werklikheid geword het nie, het die Indiese weermag een opgerig.

Die beoogde hospitaal sal beteken dat minstens 200 tot 300 SAMGD-personeellede in die Suid-Soedan moet gaan werk. Daarbenewens sal ’n beskermingskomponent daar ontplooi moet word.

Na verneem word sal die hospitaal slegs trauma-verwante gevalle hanteer omdat daar nie genoeg dokters in die SAMGD is vir ander dienste nie.

Vrey het gesê die Suid-Soedan het tans géén ekonomie, inkomste of behoorlike regeringstrukture om hom op sy voete te help nie. Hy gaan vir die volgende paar jaar waarskynlik van die buiteland afhanklik wees om sy eie vermoëns op te bou. Sonder beleggings en werkskepping gaan dit boonop moeilik wees om mense wat hul lewe lank aan oorlog gewoond is, te oortuig dat hulle gedemilitariseer moet word.

“Al wat daar in oorvloed is, is gewapende magte, al is daar nie eens ’n behoorlike polisiemag nie.

“Daar is selfs ses tronkbewaarders vir elke gevangene,” het Vrey gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Chris sê... Klink soos 'n genl hier by ons. Hy se mos ook die getuies teen hom is betaal om te lieg. So ook beweer Cosatu ondersteuners, was die swart DA optoggangers betaal om aan die optog deel te neem. Lyk mos soos 'n tendens. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Debtors Clerk

Johannesburg, South Africa
Profile Placement cc
Market Related

Life Insurance Personal Assistant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R120000 - R156000

Short term personal lines telesales consultant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R96000 - R144000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY04
2006
R 114,990.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2007
R 129,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.